Sy aansoek om die beurs is goedgekeur om by Potchefstroom se universiteit te gaan
studeer en ons Pa moes ry om hom te gaan haal waar hy gekamp het en hom na die
universiteit te neem.
Op universiteit het dit nie te goed gegaan nie. Nie omdat hy nie skrander
was nie, maar omdat 'n vriend hom verlei het om te "party" en rond te kerjakker en dus het
hy nie sy eerste jaar gemaak nie en moes hy gaan werk soek om studiegeld terug te betaal.
Hy het 'n betrekking by die Suid-Afrikaanse Spoorweë aanvaar in hulle Mate en Gewigte
afdeling en dit het behels dat hy baie rondgereis het na verskillende spoorwegstasies
om skale en weegbrue te toets. Die reise is onderneem in 'n kibboets
('n woonwa wat aan die trein gekoppel is) tot waar hy heen moes gaan waar
dit dan weer afgehaak is.
Sy hoofkantoor was aan die Rand en tussen reise het hy daar gaan gewoon. Daar het hy dan
ook vir Yettie ontmoet en hulle is in Springs getroud op 18 April 1944.
Omdat hy so baie weg was van die huis as gevolg van sy werk,
het hy later van werk verander en is hy na die Departement van Doeane en Aksyns
se yk afdeling. Hulle het hom verplaas eers na Port Elizabeth, later na Klerksdorp
en later na Bellville.
Joffie en Yettie het 5 pragtige kinders in die wêreld gebring:
Elizabeth Maria - 1945
Annette - 1947
Barend Petrus - 1954
Josephus Cornelus - 1955 (na sy pa vernoem)
Hester Susan - 1958
Laastens wil ek noem dat hy, verskeie kere saam met ons op vakansie was en by
twee geleenthede gedigte geskryf het.
Die een was by Umhlanga toe die maan 'n pragtige ligstreep
oor die see gegooi het en die ander keer toe ek en Leentjie 'n yslike groot kakkerlak gejag het.
Die Ligbaan op die See
Die Kakkerlak
Groete
Joos
(geskryf op 29 Januarie 2009)
..... klik om terug te gaan na eerste bladsy